Diamantvallei Landgoed

Diamantvallei bied gasvrye akkommodasie in 'n rustige plaasatmosfeer met voëlgesang, pragtige uitsig en 'n woudbelewenis, net buite Pretoria - of dit vir 'n vinnige wegbreek, verblyf naby verskeie trou venues, of selfs besigheidsverblyf is. Al die kamers is nuut oorgedoen in April/Mei 2021 met moderne en luukse fasiliteite, hoewel die statige, klassieke atmosfeer behou is. Bed en Ontbyt-akkommodasie is beskikbaar vir huweliksgaste (ook van troues by nabygeleë venues) of enige ander besoekers aan die area, wat graag naby aan die stad, maar tog nog in 'n landelike omgewing wil oorbly. Wifi en internettoegang is gratis beskikbaar vir aanlyn werk. (Kragopwekker en sonkrag word gebruik gedurende beurtkrag). Diamantvallei is gesinsvriendelik - ekstra beddens is beskikbaar in elke kamer, volgens ouerdiskresie en daar is uitgebreide, veilige buite speelruimte. Die plaas beskik oor 'n natuurlike dam en vlei-area waar geswem en geroei kan word op eie risiko en met eie toerusting. Daar is ook geleentheid vir veldfietsry of bergstap en piekniekplekkies (geen formele geriewe word verskaf nie). Die venue bied ook verskeie opsies vir troues, konferensies of konserte - groot of klein, binne of buite, knus gesellig of professioneel en glansryk.

Area Info

Dit is sentraal geleë tussen Pretoria-Oos, Johannesburg Internasionale lughawe (Kempton Park) en Cullinan met Witbank maklik bereikbaar.

Diamantvallei is veral bekend vir die jaarlikse KragDag selfstandigheidsekspo wat deur duisende mense bygewoon word.

Units and Rooms

Amber (Queen en-suite 1)

Guests: 2

Kamer met koningin-grootte bed en spieëltafel/lessenaar, kaggel of verwarmer, ketel, koffie/tee, en-suite badkamer met stort. / Room with queen-size bed and dressing table / desk, fireplace or heater, kettle, coffee / tea, en-suite bathroom with shower.

Saffier (Queen en-suite 2)

Guests: 2

Kamer met dubbelbed en spieëltafel/lessenaar, verwarmer, ketel, koffie/tee, en-suite badkamer met stort. / Room with double bed and dressing table / desk, heater, kettle, coffee / tea, en-suite bathroom with shower.

Smarag (Double, shower inside)

Guests: 2

Kamer met dubbelbed, in-kamer badkamer (stortgeriewe), spieëltafel/lessenaar, koffie/tee, wifi / Room with double bed, in-room bathroom (shower facilities), dressing table/desk, coffee/tea, wifi